Versterk Namibië se betrekkinge met BRICS?

In Julie was die BRICS-lande gesamentlik die grootste bestemming vir Namibië se uitvoere, met ‘n aandeel van 28,2 persent van die totaal. Die Suider-Afrikaanse Doeane-unie was in die tweede posisie, volgens die Namibië Statistieke-agentskap se jongste handel statistieke. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die plaaslike ekonoom Arney Tjaronda, oor of dit Namibië sal oortuig om betrekkinge met BRICS-lande te versterk.