Shikongo breek stilswye oor ongeluk

Die polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo het sy stilte oor die dodelike ongeluk waarin hy in Desember 2022 betrokke was, gebreek. In ‘n eksklusiewe onderhoud met die dagblad New Era, sê Shikongo die kritiek van die publiek het hom geskok, veral kommentaar dat hy ‘n moordenaar is. Hy was in die intensiewe sorgeenheid behandel en voeg by hy het sedertdien vier operasies gehad. Hy het groot berou oor die drie sterfgevalle maar sê, ongelukke gebeur en dit was nie doelbewus nie. Geen klagtes is nog gebring nie en die aanklaer-generaal se kantoor sê die dossier is reeds sedert Junie in Windhoek maar ander, hoë-prioriteitsake ontvang aandag.