SA-staatsamptenare eis 12% verhoging

Die Vereniging van Staatsamptenare en ander vakbonde het loonsamesprekings hervat, en eis ‘n verhoging van 12-persent vir staatsamptenare weens lewenskostestygings. Op ‘n spesiale vergadering van die Staatsdiens Koördinerende Bedingingsraad het die vakbonde betoog staatsamptenare het die afgelope vyf jaar geen betekenisvolle loonverhoging gekry nie, wat ‘n aansienlike agterstand teenoor die verbruikersprysindeks veroorsaak. Claude Naiker van die vereniging sê die regering het die ontvangs van hulle eise erken en sal dit oorweeg voordat ‘n teenaanbod gemaak word: