Namibiese selfmoordkoers noodsaak optog
Die jongste beskikbare statistieke van die Namibiese polisie toon dat daar gemiddeld een selfmoord per dag in Namibië aangeteken word. In 2022 het die Wêreldgesondheidsorganisasie gesê Namibië het een van die hoogste selfmoordsyfers in die wêreld, teen ‘n geraamde koers van 9,7 uit elke 100 000 mense. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die kliniese sielkundige Simone Fourie van Geluk Psychology, wat môreoggend ‘n selfmoordvoorkomingsoptog hou.