Geskiedenis dalk op pad in mans se Amerikaanse Ope

Tennis: Die mans-halfeindronde het aangebreek op die Amerikaanse Ope en die eerste keer in 18-jaar sal daar ʼn Amerikaner in die eindstryd in New York wees. Die Amerikaners Taylor Fritz en Frances Tiafoe ding mee om die land se eerste mans-enkelspelkampioen in die toernooi te wees sedert Andy Roddick dit in 2003 kon regkry. Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner van Italië, pak Jack Draper, wat slegs die vierde Brit is om dié toernooi se enkelspel-halfeindronde in die Ope-era te haal.