Durov sê Telegram nie anargistiese paradys nie

Telegram se stigter en uitvoerende hoof, Pavel Durov, sê sy inhegtenisneming verlede week in Frankryk was ʼn verrassing en ʼn misleiding. Hy word aangekla dat hy misdadige aktiwiteite op die boodskapplatform toegelaat het. Die Russies-gebore miljardêr wat ook ʼn Franse burger is, word beskuldig dat sy platform gebruik word vir materiaal oor die seksuele misbruik van kinders, deur georganiseerde misdaadbendes, vir dwelmhandel en bedrog. Durov wat uit is op borgtog, sê enige bewering dat Telegram ʼn anargistiese paradys is, is vals.