All Blacks het beter rekord as Bokke in Kaapstad

Die All Blacks het ‘n beter rekord in Kaapstad teen die Springbokke, en het sewe van die tien toetse in die Moederstad gewen. Die eerste wedstryd tussen die spanne in Kaapstad was in 1928, wat die All Blacks 13-5 gewen het. Die laaste wedstryd in Kaapstad was in 2017 op Nuweland en is ook deur die All Blacks met ‘n telling van 25-24 gewen. Hierdie week se wenner palm ook die Vryheidsbeker in. Die beker is in 2004 bekendgestel en die All Blacks is sedert 2010 die houers daarvan.