Vier in gesonke superseiljag het versmoor, nie verdrink

Vier van die sewe mense wat dood is toe ‘n superseiljag gesink het aan die kus van Sisilië het versmoor in ‘n lugborrel toe hulle suurstof opgeraak het. Nadoodse ondersoeke het bepaal Jonathan en Judy Bloomer, asook Chris en Neda Morvillo, het geen water in hulle longe gehad nie. Duikers het na wat berig word hulle liggame aan die linkerkant van die kajuite aangetref, wat kan beteken hulle het die laaste bietjie lug probeer inasem terwyl die vaartuig na regs oorgehel het nadat dit gesink het. Italiaanse aanklaers ondersoek die boot se kaptein en twee Britte wat op die seiljag gewerk het.