Mbumba vra vir hervorming van internasionale finansiële stelsels
President Nangolo Mbumba het die Forum oor China-Afrika-samewerking-beraad in Beijing toegespreek en klem gelê op die modernisering en industrialisering van Afrika, veral Namibië. Hy sê daar kan geen volhoubare industrialisering wees sonder hervormings van die internasionale finansiële argitektuur nie. Internasionale finansiering moet maklik en toeganklik gemaak word, om ontwikkelende lande te help om hul nasionale ontwikkelingsplanne te verwesenlik. Hy sê die regering beplan om landbou-verwerkingsentrums regoor Namibië te vestig, veral in die landelike gebiede. Die land moet dus bekostigbare kleinskaalse tegnologieë en toerusting bekom, en Mbumba het China bedank vir sy bystand op hierdie gebied.