Maak seker jou tersiêre instelling is geakkrediteer

Aansoeke by universiteite en tersiêre onderwysinstellings begin oopmaak vir voornemende studente vir die 2025-inname. Aansoeke vir voor- en nagraadse studie by Nust is reeds oop en sluit op 4 Oktober. Leerders wat wil studeer, word aangemoedig om die Namibië Kwalifikasie-owerheid se webwerf te besoek om te verseker dat die kursusse en instellings waarin hulle belangstel geakkrediteer is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Lina Ndengu, die owerheid se woordvoerder, wat meer inligting gee.