Lord’s bied in ’25 eindstryd aan

Die beroemde Lord’s-stadion in Londen sal volgende jaar die eerste keer die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap aanbied. Die vorige eindstryd is verlede jaar op die Oval in die Britse hoofstad gespeel, toe Australië Indië geklop het. Nege toetslande ding mee om die twee topposisies, wat op 11 Junie in die eindstryd sal speel. Indië is tans boaan die punteleer, gevolg deur Australië, Nieu-Seeland, Engeland, Suid-Afrika, Sri Lanka, Pakistan en die Wes-Indiese Eilande.