KZN-polisie lê beslag op koperkabels van R20 miljoen

Die polisie in KwaZulu-Natal het by ‘n skrootwerf in Queensburgh op koperkabels ter waarde van nagenoeg 20-miljoen Suid-Afrikaanse rand beslag gelê. ‘n Polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê lede van die eenheid vir openbare polisiëring het ‘n wenk opgevolg oor moontlike onwettige bedrywighede op die skrootwerf. Hy sê hulle het ‘n klopjag saam met lede van die Valke gehou en op ‘n groot hoeveelheid koperkabels afgekom.