Kyk gerus na belastingkoers vir pensioenarisse, sê Nahas
Die gewysigde inkomste belasting-wetsontwerp is in die parlement bespreek en is tans by die Nasionale Raad vir oorweging. Dit bevat die wysigings aan inkomstebelasting wat teen Oktober in werking behoort te tree. Intussen het ‘n raadslid vir die Rundu-landelike kiesafdeling, Paulus Mbangu, gevra dat pensioenarisse en afgetredenes van belasting vrygeskeld moet word. Volgens Mbangu is belasting op die groepe ‘n misbruik van oumense. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met oudminister Nahas Angula, ‘n Swapo-veteraan, wat sê daar moet wel gekyk word na ‘n koers vir pensioenarisse.