Gemeenskapsaktiviste van die Omaheke-, Khomas-, Otjozondjupa-, Hardap- en
Erongo-streke het in Windhoek vergader en gevra dat stedelike en landelike ontwikkeling-minister Erastus Uutoni verwyder word. Hulle sê hy ignoreer kritieke kwessies en spreek nie hul bekommernisse aan nie. Tydens ‘n hewige woordewisseling het Uutoni raadslede blameer wat by protesoptogte en aandring op dienste, wat hulle verantwoordelikheid is om te lewer. Die aktiviste sê hulle sal in die vervolg direk na die president en vise-president gaan met hul besware. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Shaun Gariseb, voorsitter van die Katutura-inwonerskomitee.