19 Wêreldbeker-wenners speel vir Bokke teen All Blacks

Rugby: Negentien Wêreldbeker-wenners speel Saterdag vir die Springbokke in die Rugbykampioenskapstoets teen die All Blacks in Kaapstad. Sacha Feinberg-Mngomezulu, Ruan Nortjé, Elrigh Louw en Gerhard Steenekamp is die enigste spelers sonder Wêreldbeker-ondervinding. Hoofafrigter Rassie Erasmus het sewe veranderings aan die wedstrydgroep aangebring wat Nieu-Seeland verlede naweek op Ellispark geklop het. Die wedstryd op die uitverkoopte Kaapstad-stadion is die 108ste tussen die twee aartsvyande en ʼn oorwinning behoort die Bokke te verseker van die kampioenskapstitel.