Handelsbalans N$2,1 miljard in die rooi in JulieSeptember 3, 2024
Die land se handelsbalans het ‘n tekort van 2,1 miljard Namibiese dollar in Julie aangeteken, volgens die jongste handelsstatistieke deur die Namibië Statistieke-agentskap. Dit is laer as die 3,7 miljard dollar-tekort in Julie verlede jaar, maar hoër as die 689 miljoen dollar-tekort in Junie. China was weer die grootste uitvoermark, terwyl Suid-Afrika die topbron van invoere was. Mirjam Shihepo, die agentskap se skakelbeampte, gee meer inligting.