Weer kommer oor Seine by Spele
Kommer oor die Seinerivier se watergehalte ná stormagtige weer, het veranderinge genoodsaak aan die swem-afdeling van die Paralimpiese driekamp-item in Parys. Die swemafdeling sal nou op Sondag plaasvind en nie oor twee dae strek nie. Tydens die Olimpiese Spele is driekamp-items en -oefensessies ook herskeduleer omdat stormagtige weerstoestande ʼn skerp styging in bakterie-vlakke veroorsaak het. Organiseerders sê die besluit gee atlete en afrigters die grootste sekerheid.