Wat word van die brandstofprys in September?

Suid-Afrikaners kan uitsien na aansienlike brandstofprys verlagings in September vir beide petrol- en diesel. Die afwaartse neiging kan in Oktober tot ‘n einde kom as oliepryse aanhou opwaarts beur. Die Sentrale Energiefonds se data toon dat petrolprysdalings van tussen 83 en 90 sent waarskynlik vir September geskeduleer is. Diesel se afnames kan wissel tussen 72 en 98 sent. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom, Robert McGregor, gepraat, wat sy voorspelling vir brandstof vir Namibië gee.