Uitskakeling van puttoilette vorder te stadig
Mpumalanga se Onderwysdepartement inspekteer 71 skole om die vordering te bepaal met die projek van 18-miljoen Suid-Afrikaanse rand om puttoilette uit te roei. Vordering sloer ondanks die departement van Basiese Ondewys se belofte dat hierdie toilette teen volgende jaar nie meer sal bestaan nie. Die LUR vir Onderwys, Cathrine Dlamini, het aan die SABC beklemtoon dit is ‘n menseregtekwessie, met planne om puttoilette teen die einde van dié boekjaar uit te skakel.