Kiesersrol bekend gestel

Die voorlopige kiesersregister en statistieke is deur die Verkiesingskommissie van Namibië vrygestel. Daar is vroeër berig dat 91 persent van stemgeregtigde kiesers geregistreer het om aan die verkiesings in November deel te neem. Dit beteken dat 1 467 604 potensiële kiesers vanaf 3 Junie tot 1 Augustus 2024 geregistreer het. Die generasie vanaf 1982 en verder maak die meerderheid kiesers uit. Peter Shaama, die kommissie se uitvoerende hoof, het die statistieke bekendgemaak.

Veel meer vroue as mans het geregistreer om te stem.