Ultimate Safaris, bewareas veg teen mynery, omgewingsklaring
Ultimate Safaris en die bewaringsgebiede van Sorris Sorris, Doro !Nawas en Uibasen Twyfelfontein is ‘n interdik toegestaan wat beplande mynbedrywighede en die bou van ‘n pad naby Khorixas tydelik staak. Hulle het ‘n dringende aansoek gebring teen Timoteus Mashuna, die adjunkdirekteur van beleidsnavorsing en registrasiedienste in die verdediging en veterane-aangeleenthede ministerie. Mashuna het nege myn-kleims in die gebied geregistreer. Die interdik verbied Mashuna om swaar masjinerie te gebruik om ‘n nuwe pad vanaf die D2612 in ‘n westelike rigting na die perseel te bou. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ultimate Safaris se besturende direkteur, Tristan Cowley, wat sê hulle het vrae oor die omgewingsklaring wat uitgereik is.
Cowley verduidelik die wetlike pad vorentoe.