Uitslae van laaste M-pokke toetse gou bekend
M-pokke en die gevaar van verspreiding regoor Afrika is steeds in die nuus. Daar is nog geen gevalle in Namibië bevestig nie. Tot op hede is 18 vermeende M-pokke-gevalle getoets, waarvan 15 negatief was. Die gesondheid-ministerie se uitvoerende direkteur, Ben Namgombe sê die uitslae van die oorblywende drie gevalle sal later vandag of môre-oggend bekendgemaak word. Een van die gevalle is ‘n twee-jarige Angolese dogtertjie wat in die Rundu Intermediêre Hospitaal se isolasie-eenheid behandel word.