Stapper gered na kollegas hom agterlaat
’n Stapper is van ’n berg in die Amerikaanse deelstaat Colorado gered nadat hy glo die vorige dag tydens ’n kantoor uitstappie deur sy kollegas agtergelaat is. Die man, wat nie geïdentifiseer is nie, het verdwaal nadat sy kollegas vooruitgestap het. Hy kon nie ‘n telefoonsein kry nie en moes stormweer trotseer. Hy het ten minste 20 keer geval voordat hy die volgende oggend deur soekspanne gevind is. Hy is gestabiliseer en hospitaal toe geneem, maar daar is geen verdere inligting oor sy toestand nie.