Staat trek saak terug teen vermeende helpers van Immanuel David

Die staat het sy saak teen die voormalige Fishcor-hoofbestuurder, Paulus Ngalangi, in die Noordoewer landdroshof teruggetrek. Ngalangi is daarvan aangekla dat hy die beweerde Phala Phala-diefstalmeesterbrein, Immanuel David, aan die grens met Suid-Afrika opgelaai het. David het Namibië onwettig met ‘n kano oor die Oranjerivier binnegekom. Die saak teen polisiesersant Hendrick Nghede is ook teruggetrek. Hy was daarvan beskuldig dat hy saam met Ngalangi vir David gehelp het om na Windhoek te reis. Die hofsaak teen die twee mans was veronderstel om vandag te begin.