SA aartappelpryse styg 15% in ‘n week

Aartappels SA wys daarop die pryse van Suid-Afrikaanse aartappels het binne ‘n week met 15-persent gestyg, nadat verwoestende swartryp oeste verweer het in Limpopo – ‘n belangrike produksiestreek. Data toon die gemiddelde prys van ‘n tien-kilogram-sakkie het tot meer as 85-rand gestyg en selfs tot 100-rand in Mbombela, Mpumalanga, en in Kaapstad. Die verslag toon hierdie skerp styging het plaasgevind ondanks ‘n afplatting in voedselinflasie, en onderstreep die gevolge van slegte weer op stapelvoedselvoorraad in die land.