Namibië, SA ‘doen regte ding met MV Kathrin-verbod’

Die vaartuig MV Kathrin wat nie toegelaat is om in Namibië te dok nie is steeds in die nuus, ook internasionaal. Justisieminister Yvonne Dausab het gesê ‘n polisie-ondersoek het bevind die vaartuig “dra plofbare materiaal wat vir Israel bestem is, en is dus verbied om Namibiese waters binne te gaan”. Dit strook met Namibië se internasionale verpligtinge, insluitend die Volksmoordkonvensie. Die bekende politieke ontleder, professor Piet Croucamp van die Noordwes Universiteit, lewer kommentaar.