Jong SA swemmer kwalifiseer vir eindronde in Parys

Paralimpiese Spele: Die jong Suid-Afrikaanse swemmer Nathan Hendricks het gekwalifiseer vir die eindronde van die mans 100-meter vlinderslag in die S13-klas. Hy was vierde in sy uitdun in Parys. Die agtienjarige van Middelburg in Mpumalanga is een van die jongste lede van Span Suid-Afrika. Hy ding ook mee in die S13 200-meter individuele wisselslag, die 100-meter rugslag en die SB13 100-meter borsslag. Hendricks is as baba gediagnoseer met diabetes, en later met die genetiese oogsiekte Stargardt.