Hecht-museum nooi kleuter terug om ‘herstelde’ kruik te sien

‘n Israelse museum het ‘n kleuter en sy gesin teruggenooi nadat die kind per ongeluk ‘n eeue-oue artefak gebreek het. Die vier-jarige het die Hecht-museum in Haifa besoek saam met sy pa, Alex. Die seun was glo nuuskierig oor wat in die 3 500-jaar-oue kruik was, wat gebruik is om olyfolie en wyn te berg en te vervoer. Dit is kenmerkend van die antieke streek Kanaän en kom uit die tyd voor die Bybelse konings Dawid en Salomo. Die museum sê die gesin is welkom om terug te kom om die herstelde kruik te sien.