Geen werkskeppingsyfers, wel adankingsyfers

Die jongste syfers van die arbeidsministerie toon dat 5 600 werkers in die afgelope 17 maande afgedank is. In 2023 is 3 793 werknemers afgedank by 217 werkgewers met 1 876 wat vanjaar hulle werk verloor het by 108 maatskappye. Gedurende die Covid-pandemie, van 2020 tot 2022 het ‘n verbysterende 14 452 mense hulle werk verloor met toerisme en kleinhandel wat die swaarste getrek het. Geen afdankings is sedert 2018 in die openbare sektor aangemeld nie.