Droogte: Elke druppel in die emmer word verwelkom

Die Verenigde Nasies het 53,3 miljoen Namibiese dollar bewillig om meer as 163 000 mense in Namibië by te staan met die heersende droogte. Stéphane Dujarric, VN-woordvoerder, beklemtoon dat die droogte 84 persent van Namibië se voedselreserwes uitgeput het en akute wanvoeding en verhoogde risiko’s vir geslagsgebaseerde geweld veroorsaak. Daar is ‘n toename van 19 persent in voedselonsekerheid, wat tot 1,4 miljoen mense raak. Reaksie is ontvang van UDF-parlementslid, en boer in die Kunene-streek, Dudu Murorua.