Bloederige paaie met Heldedag vieringe, 67 ongelukke

Die Namibiese polisie sê daar was ‘n reuse 67 motorongelukke in die week voor en die naweek van Heldedag. ‘n Totaal van 118 mense is beseer en ses sterftes is bevestig. Die mag doen weer ‘n beroep op bestuurders om padreëls na te kom en bedagsaam te wees op die land se paaie. Dit was ‘n besige langnaweek met nie net die Heldedag vieringe nie maar ook die afskop van die Ongwediva-handelskou, sowel as die Outjo Wildsfees en die Hentiesbaai Visfees.