Amerika stel sanksies teen Wesoewer-rolspelers in

Amerika se Departement van Buitelandse Sake het sanksies ingestel teen ekstremistiese inwoners van die Wesoewer wat deur die Israelse regering befonds word. Die groep, Hashomer Yosh, voorsien sekuriteit aan buiteposte waarvan sommige reeds Amerikaanse sanksies teen hulle het. Die departement het ook sanksies ingestel teen Yitzhak Levi Filant, die sameroeper van burgerlike sekuriteit in die Yitzhar-nedersetting in die Wesoewer. Die departement sê hy sal voortgaan met optrede om diegene in die Wesoewer wat geweld pleeg en ondersteun aanspreeklik te hou.