AfriForum waarsku teen water-agentskap

AfriForum waarsku teen die prioritisering van die stigting van ‘n Nasionale Waterhulpbron-infrastruktuur-agentskap te midde van Suid-Afrika se waterkrisis. Die organisasie meen swak munisipale bestuur, nie die stigting van nog ‘n staatsagentskap nie, hou die grootste bedreiging in vir watersekerheid. Marais de Vaal van AfriForum wys op munisipaliteite se skuld van 22,36 miljard Suid-Afrikaanse rand aan waterrade, en waarsku dreigende bankrotskappe kan watervoorsiening ontwrig: