Ses gevalle van selfmoord oor die naweek

Vyf mans en een vrou het oor die naweek selfmoord gepleeg. Al die betrokkenes het hulself gehang en almal was tussen die ouderdom van 21 en 40. Die selfmoord-koers in Namibië wek uiters groot kommer. Die VN sê geestesgesondheid moet aangespreek word. Tussen Januarie 2020 en Junie 2021 het Namibië 745 selfmoorde aangemeld terwyl 1 172 mense selfmoord gepoog het. Die gesondheidsministerie self het 679 selfmoorde aangemeld met 29 kinders, 18 seuns en 11 meisies onder die syfers.