Wangedrag onder godsdiensleiers plaaslik ook onder die loep

Wangedrag en kriminaliteit deur godsdiensleiers is kort-kort in die nuus. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christenforum het onlangs gevra vir die regulering van die godsdienssektor. Hulle soek ook ‘n ‘n onafhanklike toesigliggaam wat godsdiensleiers aanspreeklik hou en etiese standaarde afdwing. Volgens die Koalisie van Kerke het hulle wel regulasies in die pyplyn. Kosmos 94.1 Nuus het met die koalisie se voorsitter, dr. Shirley Magazi, gepraat wat meer insig deel.