Sphen, die een helfte van legendariese gay pikkewynpaartjie, is dood

Toe Sphen, een helfte van ‘n gay pikkewynpaartjie wie se liefde die wêreld bekoor het, vroeër vandeesmaand in Sydney dood is, het sy maat Magic begin sing. Die twee gentoopikkewyne Sphen en Magic het in 2018 simbole vir selfdegeslagliefde geword nadat akwariumpersoneel opgemerk het dat die twee mannetjies saam ‘n nes bou en vir hulle ‘n eier gegee het om uit te broei. Hul verhouding het die dryfkrag geword vir Sydney se wêreldbekende Gay en Lesbian Mardi Gras-parade en hulle het in die Netflix-reeks Atypical verskyn. Sphen was byna 12 toe hy vroeër vandeesmaand oorlede is, het Sea Life Sydney vandag in ‘n verklaring gesê. Gentoopikkewyne het ‘n gemiddelde lewensduur van 12 tot 13 jaar. Personeel het Magic geneem om Sphen se liggaam te sien sodat hy kon verstaan dat hy nie huis toe sou kom nie. Toe hy Sphen bereik, het Magic dadelik begin sing, kort daarna gevolg deur die ander 45 pikkewyne in die kolonie.