N$20 miljard en 30 jaar om oliebronne te vind

Namcor sê 38 droë putte en ‘n belegging van meer as 20 miljard Namibiese dollar oor 30 jaar het die grondslag gelê vir die onlangse suksesse in die Oranje-bekken. Ebson Uanguta, die tussentydse besturende direkteur by Namcor, sê hierdie pogings, ten spyte van aanvanklike terugslae, dryf nou beduidende ontdekkings aan wat na verwagting Namibië se ekonomie binne die volgende 15 jaar moontlik sal verdubbel. Hy het rolspelers geprys omdat hulle bankvas agter hulle oortuigings gestaan het dat daar wel bronne is.