Giwusa versigtig optimisties oor laer inflasieAugust 22, 2024
Die General Industries Workers Union of South Africa, Giwusa, het die jaarlikse Verbruikersprysindeks se daling met versigtigheid verwelkom. Dit was in Julie 4,6-persent wat die laagste in drie jaar is. ʼn Woordvoerder, Koketso Phasha, sê hulle doen nou ʼn beroep op die Suid-Afrikaanse Reserwebank om rentekoerse dringend te verlaag en sê werkers sukkel steeds op ekonomiese vlak ten spyte van die laer inflasiekoers.