Juntas nader die VN oor die Oekraïne
Die juntas van Burkina Faso, Mali en Niger het aan die Veiligheidsraad van die VN geskryf om die Oekraïne se beweerde steun aan rebellegroepe in Wes-Afrika se Sahel-streek aan die kaak te stel. Mali het aan die begin van die maand diplomatieke bande met die Oekraïne verbreek en die militêre regering van Niger kort daarna dieselfde gedoen. Dit volg na die woordvoerder van die Oekraïnse militêre intelligensie-agentskap gesê het Malinese rebelle het “nodige” inligting ontvang om ‘n aanval uit te voer waar Tuareg-rebelle ten minste 84 Wagner-huursoldate en 47 Malinese soldate gedood het.