Namibiërs in Perth reg vir Bok-wedstryd!August 17, 2024
Dit is byna tyd vir die kragmeting tussen die Springbokke en Wallabies in die Rugbykampioenskap! In die voorafgaande wedstryd het die All Blacks die Pumas van Argentinië met 42 – 10 afgeransel. Kosmos 94.1 Sportnuus het ekslusief gesels met Sirk Krugel van Windhoek, wat op pad is na die stadion in Perth vir die Bokke se wedstryd wat om kwart-voor-twaalf afskop. Hy kuier by sy kinders in Australië en hulle het op eg-Namibiese wyse vir die kragmeting voorberei. Krugel vertel meer.