Olieprys sal skerp styg sou Iran Israel aanval – kennerAugust 14, 2024
Drie senior Iranse amptenare sê slegs ‘n skietstilstandooreenkoms in Gaza wat kan voortspruit uit moontlike samesprekings vandeesweek sal Iran keer om Israel aan te val. Iran sê hy sal wraak neem op Israel oor die sluipmoord op Hamas-leier, Ismail Haniyeh, in Teheran. Daar heers groot kommer oor ‘n volskaalse streeksoorlog in die Midde-Ooste. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, gesels oor wat met die olieprys gaan gebeur sou Iran Israel aanval.