Groen waterstof: ‘Daardie deel van die park is nie so ekologies sensitief nie’August 14, 2024

Die groen waterstofkommissaris het gereageer op die Namibiese Omgewingskamer wat kommer uitgespreek het oor planne om ‘n groenwaterstofprojek in die Tsau //Khaeb Nasionale Park te ontwikkel. Die kamer sê die voorgestelde projek in die park, voorheen die Sperrgebiet Nasionale Park, kan nadelig wees vir diere en plante in die gebied. Die Internasionale Unie vir Natuurbewaring het dieselfde kommer. James Mnyupe sê dat die projek in ‘n area gebou word wat die minste ekologies sensitief is.