Ekonomiese hervormings nodig na jongste werkloosheidsyfers in SAAugust 14, 2024
Die ekonoom Raymond Parsons versoek dringende ekonomiese hervormings in Suid-Afrika weens die stygende werkloosheidskoers, wat volgens die jongste kwartaallikse arbeidsmagopname tot 33,5-persent toegeneem het. Parsons sê swak ekonomiese groei en ‘n teleurstellende bruto binnelandse produk wys op die noodsaaklikheid vir dringende strukturele veranderings. Hy vra versnelde hervormings om groei met nuwe werksgeleenthede veral onder die jeug te stimuleer en sakevertroue te verbeter wat daarop gemik is om werkloosheid te verminder.