Vroue se rol in die bekamping van geweld jare lank misken

Die Vryheidsfront Plus sê daar is toenemende druk van vroue se kant op die samelewing in die algemeen. Erika Botha-Rossouw van die VF-Plus sê Suid-Afrika is ‘n gewelddadige samelewing waar die rol van vroue eeue lank misken is. Sy voeg by dit is egter onbillik om net terug te sit en te verwag die regering moet vroue bemagtig om hulle regmatige plek op elke gebied van die samelewing in te neem: