Swendelaars beroof 2 van N$1,2m

‘n Slagoffer op Gobabis het amper 976 000 Namibiese dollar verloor in ‘n bedrogspul op die dorp. Die slagoffer is volgens die polisie geskakel en ingelig dat hy Bitcoin gekoop het en dat die bank se bedrogafdeling die saak ondersoek. Die slagoffer is vir sy besonderhede gevra en die fondse is oorgedra uit verskeie rekenings. Op Swakopmund is ‘n pensioenaris ook so gevang met ‘n vals skermskoot van fondse wat onwettig uit haar rekening oorbetaal is. Sy het haar besonderhede verskaf en 225 800 dollar uit vier rekenings verloor. Die ondersoeke duur voort.