Oorsaak van stygende kankergevalle onder die loep

Die Kankervereniging van Namibië onthul in ‘n verslag ‘n kommerwekkende jaarlikse toename in nuwe kankerdiagnose. Volgens die vereniging se kankerregistrateur en pasiënt-ondersteuningsbeampte, Tareeku Tjiriange, is daar die afgelope twee jaar 4 876 pasiënte vir verskeie soorte kanker opgeneem. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof, Rolf Hansen van die Kankervereniging gepraat wat die moontlike oorsaak van die hoë gevalle gee.