Israel loop deur onder kritiek na aanval
Die Europese Unie se buitelandse beleidshoof, Josep Borrell, het Israel se aanval op ʼn skool en moskee in Gaza waar ontheemde mense skuil, veroordeel. Meer as 80 mense is dood. Borrell sê daar is geen regverdiging vir die aanvalle nie. Hamas noem dit ʼn grusame misdaad wat die situasie vererger. Egipte se buitelandse ministerie sê Israel se doelbewuste doodmaak van Palestyne wys ʼn gebrek aan politieke wil om die oorlog te beëindig. Die Verenigde Koninkryk en Jordanië het ook die aanval veroordeel.