Noah Lyles loop deur op sosiale media na Covid-plasing

Daar is nie veel simpatie vir die Amerikaanse atleet Noah Lyles nie. Hy het op X geplaas dat hy dankbaar is dat hy Covid-vry is. Hy het Covid blameer vir sy verlies teen Botswana se Letsile Tebogo in die Spele se 200-meter finaal. Een gebruiker het gesê sy Covid-herstel was vinniger as sy 200-meter hardloop. Ander meen weer hy is ‘n slegte verloorder. Tebogo het Botswana se eerste Olimpiese goue-medalje ingepalm.