Kraamkonvensie in NV uitgelees vir goedkeuring
Adjunk-arbeidminister Hafeni Ndemula het die Kraam Beskermingskonvensie 183 in die Nasionale Vergadering gelees. Dit moet deur die huis goedgekeur word voordat dit bekragtig kan word. Die konvensie wil ‘n langer tydperk van kraamverlof instel en verseker dat moeders ‘n salaris gedurende hierdie tydperk ontvang. Die konvensie vorm deel van die Internasionale Arbeidskonvensie. Ndemula lees van die bepalings voor.