Tinubu vra vir ‘n einde aan betogings, soek dialoog

Nigerië se president Bola Tinubu vra vir ‘n einde aan betogings teen ‘n lewenskostekrisis, en sê dit sal ‘n geleentheid vir dialoog skep. Dit is sy eerste openbare kommentaar sedert landsburgers verlede week die strate ingevaar het. Hy sê hy is oop vir ‘n gesprek. Amnestie Internasionaal sê minstens 13 mense is dood in botsings met veiligheidsmagte op die eerste dag van betogings Donderdag. Die polisie het ontken dat hulle buitensporige geweld gebruik.